Copyright © Terry Pratchett 2002
Toe Dood vir die filosoof kom haal het, sê die filosoof nogal opgewonde: "Op hierdie oomblik, besef jy, is ek beide dood en nie dood nie!"
Dood het diep gesug. O tog, een van hulle, dink hy. Hierdie gaan weer oor kwantumteorie gaan. Hy haat dit om met filosowe te doen te kry. Hulle probeer altyd om uit dit uit te wurm.
"Jy sien," het die filosoof gesê, terwyl Dood, ongesteurd kyk hoe die sand van sy lewe deur die uurglas vloei, "alles bestaan uit uiterse klein deeltjies, wat die wonderbaarlike eienskap het om gelyktydig op baie plekke te wees. Maar dinge wat van uiterse klein deeltjies opgebou is neig om op een tyd op een plek te bly, alhoewel dit nie korrek blyk volgens kwantumteorie nie. Mag ek voort gaan?"
JA, MAAR NIE ONBEPAALD NIE, het Dood gesê, ALLES IS VERGANKLIK. Hy het nie sy blik van die vloeiende sand weggeneem nie.
"Wel, dan, as ons saamstem dat daar 'n eindelose aantal heelalle is, dan is die probleem opgelos! As daar 'n onbeperkte aantal heelalle is, kan hierdie bed gelyktydig in miljoene van hulle wees!"
BEWEEG DIT?
"Wat?"
Dood het sy kop geknik in die rigting van die bed. KAN JY VOEL HOE DIT BEWEEG? vra hy.
"Nee, want daar is miljoene weergawes van my, ook, en ... die beste van alles is ... in sommiges van hulle is ek nie besig om te sterf nie! Enigiets is moontlik!"
Dood het die handvatsel van sy sens getik terwyl hy die stelling oorweeg.
EN JOU PUNT IS ... ?
"Wel, ek is nie juis aan sterwe nie, nie waar nie? Jy is nie meer so sekerheid nie."
Dood het weer gesug. Ruimte, dink hy. Dit was die moeilikheid. Dit was nooit so op daardie wêrelde met nimmereindigende bewolkte hemele nie. Maar as mense eers al daardie ruimte gesien het, probeer hulle breins uitsit om dit alles op te vul.
"Geen antwoord nie, mm?" het die sterwende filosoof gegrynslag. "Voel ons 'n bietjie outyds?"
DIT IS NOU WAARLIK VIR JOU 'N PENARIE, het Dood gesê. Eens op 'n tyd het hulle gebid, dink hy. Alhoewel, aan die ander kant, was hy ook nog nooit seker of gebed gewerk het nie. Dood het vir 'n oomblik gedink. EK SAL JOU OP HIERDIE WYSE BEANTWOORD, gaan hy voort. IS JY LIEF VIR JOU VROU?
"Wat?"
DIE DAME WAT JOU VERSORG HET. IS JY LIEF VIR HAAR?
"Ja, natuurlik."
KAN JY AAN ENIGE OMSTANDIGHEDE DINK, SONDER OM JOU PERSOONLIKE GESKIEDENIS OP ENIGE WYSE TE VERANDER, WAAR JY OP DIE OOMBLIK 'N MES SAL OPTEL EN HAAR DAARMEE SAL STEEK? vra Dood. BY VOORBEELD?
"Beslis nie!"
MAAR VOLGENS JOU TEORIE, MOET JY KAN. DIT IS AL TE MOONTLIK BINNE DIE FISIESE WETTE VAN DIE HEELAL, EN MOET DUS DAN GEBEUR, EN VELE KEER GEBEUR. ELKE OOMBLIK IS 'N ETLIKE BILJOENE OOMBLIKKE, EN IN DAARDIE OOMBLIKKE IS ALLE DINGE WAT MOONTLIK IS, ONAFWENDBAAR. ALLE TYD, VROEëR OF LATER, KOM NEER OP 'N OOMBLIK.
"Maar, natuurlik kan ons 'n keuse maak tussen-"
IS DAAR KEUSES? ALLES WAT KAN GEBEUR, MOET GEBEUR. JOU TEORIE HOU VOOR DAT VIR ELKE HEELAL WAT VORM OM JOU 'NEE' TE AKKOMMODEER, MOET DAAR EEN WEES OM JOU 'JA' TE AKKOMMODEER. MAAR JY HET GESê DAT JY NOOIT MOORD SOU PLEEG NIE. DIE FONDASIES VAN DIE KOSMOS BEWE VOOR JOU VREESLIKE SEKERHEID. JOU MORALITEIT WORD 'N KRAG SO STERK AS GRAVITASIEKRAG. En, het Dood gedink, ruimte het werklik baie om voor pa te staan.
"Was dit sarkasme?"
EINTLIK, NEE. EK IS BEïNDRUK EN GEFASINEERD, het Dood geantwoord. DIE KONSEP WAT JY VOORHOU BEWYS DIE BESTAAN VAN TWEE, TOT NOU TOE, MITIESE PLEKKE. ÊRENS IS DAAR 'N WêRELD WAAR ALMAL DIE REGTE KEUSE GEMAAK HET, DIE MORELE KEUSE, DIE KEUSE WAT DIE GELUK VAN HUL MEDEMENSE TOT DIE VOLSTE VERSEKER HET. NATUURLIK BETEKEN DIT OOK DAT DAAR êRENS ANDERS 'N ROKENDE OORBLYFSEL IS VAN DIE WêRELD WAAR HULLE NIE HET NIE ...
"Ag toe, nou! Ek sien waarop jy sinspeel, en ek het nog nooit in daai hemel en hel nonsens geglo nie!"
Die kamer het stilweg donkerder geword. Die blou skyn van die stroper se sens het al hoe meer duidelik begin gloei.
MERKWAARDIG, het Dood gesê. WERKLIK MERKWAARDIG. KOM EK HOU NOG 'N GEDAGTE VOOR: JULLE IS NIKS MEER AS 'N GELUKKIGE AAP SPESIES WAT DIE KOMPLEKSITEITE VAN DIE SKEPPING PROBEER VERSTAAN DEUR MIDDEL VAN 'N TAAL WAT ONTWIKKEL IS OM VIR MEKAAR TE KAN Sê WAAR DIE RYPSTE VRUGTE IS?
Die filosoof snak na sy asem, maar kry nog reg om te sê: "Moenie laf wees nie!"
DIE OPMERKING IS NIE BEDOEL OM NEERHALEND TE WEES NIE, het Dood hom verseker. INTEENDEEL, ONDER OMSTANDIGHEDE, HET JULLE AL BAIE BEREIK.
"Ons het beslis verouderde bygelowe ontgroei!"
MOOI SO, het Dood gesê. DIS DIE GEES. EK WOU NET SEKER MAAK.
Hy het vorentoe geleun.
EN IS JY BEWUS VAN DIE TEORIE WAT VOORHOU DAT DIE TOESTAND VAN SOMMIGE UITERSTE KLEIN DEELTJIES ONBESLIS IS TOT DIE OOMBLIK WAT HULLE GEOBSERVEER WORD? 'N KAT IN 'N BOKS WORD DIKWELS GENOEM.
"O, ja," het die filosoof gesê.
GOED, het die Dood gesê. Hy het opgestaan toe die laaste van die lig sterf, en geglimlag.
EK SIEN VIR JOU...
"Die Dood en Wat Daarop Volg" is oorspronklik geskryf vir en het verskyn op Timehunt (http://www.timehunt.com/timehunt.html), 'n speletjies webwerf met 'n progressiewe reeks kopkrapper speletjies.
Die L-Space Web het die vriendelike toestemming verkry om hierdie kortverhaal te publiseer, maar Terry Pratchett behou alle reproduksie en ander regte op hierdie kortverhaal.
Vertaal deur Judi Burger
The L-Space Web is a creation
of The L-Space Librarians
This mirror
site is maintained by A.H.Davis